Absolute monargie

Lodewijk XIV, die Sonkoning: "L'état, c'est Moi." (Die staat, dis ek)[1]

Absolute monargie of koninklike absolutisme is 'n regeringsvorm waarin die monarg volle regerende gesag het; hy is nie deur die wet gebonde nie, en hy is ook nie aanspreeklik nie. Alhoewel die absolute monarg in teorie onbeperkte mag oor die soewereine staat en die mense het, word hierdie gesag in die praktyk gebalanseer deur politieke groepe soos aristokrate, geestelikes en adel. Vandag bly min absolute monargieë oor; die meeste is afgeskaf of hervorm tot 'n grondwetlike monargie, waarin die monarg se magte in die grondwet verskans is en mag nie meer onbeperk is nie.

In Vroeë Moderne Europa is daar onderskeid getref tussen twee vorme van monargisme, monarchia herilis en monarchia limitata – despotisme en beperkte monargie. Despotisme is gekenmerk deur eiebelang heerskappy en is wyd verwerp. Beperkte monargie is gekenmerk deur die mindere of meerdere mate waarin instellings soos die state sekere regte geniet het. Absolutisme is nie gesien as 'n vorm van despotisme nie, maar een van die vorme van beperkte monargie.

  1. Geskiedkundiges dink dit is heel waarskynlik 'n stelling wat deur politieke opponente gemaak is om die situasie van absolute heerskappy na hul mening te weerspieël.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search